top of page

‘n Verdagte is in hegtenis geneem vir die moord op oud-soldaat van Pellissier

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 20
  • 1 min read

Die polisie in Bloemfontein het bevestig dat ’n verdagte in hegtenis geneem is ná die moord op die 75-jarige oud-soldaat en afgetrede sersant-majoor, Albertus Opperman, van Pellissier. Volgens woordvoerder, sers. Mahlomola Kareli, is die verdagte na ‘n intensiewe klopjag in hegtenis geneem en verskyn hy binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof. Volgens Maroela Media sê die polisie die ondersoek duur egter voort, en dat nog verdagtes steeds op vrye voet is. Hulle doen ’n beroep op die publiek om enige inligting oor die voorval met ondersoekbeamptes te deel.

 
 
 

Comments


bottom of page