top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Verdagte is ná 'n huisroof in Langenhovenpark vasgetrek

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 19
1 min read

'n Verdagte is kort ná 'n huisroof in Langenhovenpark, Bloemfontein,  vasgetrek.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê twee gewapende en gemaskerde mans het Vrydagaand twee broers by hul woning oorval, van hul selfone en ander besittings beroof en met een van die slagoffers se silwer Hyundai Getz weggejaag.


Lede van verskeie polisie-eenhede het op intelligensie gereageer en 'n huis in Rocklands deursoek, waar 'n 39-jarige man in hegtenis geneem is.


'n Ongelisensieerde vuurwapen, vermoedelik gesteelde bankkaarte asook kledingstukke van weermag- en polisie-uniforms is gevind.


Die polisie is steeds op soek na 'n tweede verdagte en die gesteelde voertuig.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page