'n Verdagte is vas vir veediefstal in die Vrystaat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 8
- 1 min read
Polisie het as deel van Operasie Shanela II 'n man naby Selosesha in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met 'n veediefstalsaak.
Volgens 'n polisieverklaring is 'n voertuig met twee lewende skape in tydens die operasie onderskep. Die bestuurder kon nie ’n geldige permit toon nie.
Die regmatige eienaar van die skape kon sy vee positief identifiseer. Die ander 10 skape wat as gesteel aangemeld is, is in ’n steengroef aangetref.








Comments