top of page

‘n Verdagte is vir die brand by ‘n Paarl-hospitaal in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

'n Verdagte wat na bewering verantwoordelik is vir die brand by die Paarl Provinsiale Hospitaal is in hegtenis geneem.


SABC News berig volgens gesondheidsowerhede het die buitepasiëntafdeling uitgebreide skade gely en kraampasiënte moes na ‘n nabygeleë fasiliteit ontruim word.


Polisiewoordvoerder Ndakhe Gwala sê geen beserings is aangemeld nie.


Hy voeg by die man is vir ondervraging aangekeer en later in hegtenis geneem.


Hy sal binnekort in die Paarl-landdroshof verskyn.


Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

Comments


bottom of page