top of page

'n Verdagte skiet glo 'n man met 'n gesteelde polisievuurwapen

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 23
  • 1 min read

Polisie in Ficksburg in die Vrystaat het 'n man in hegtenis geneem nadat 'n gesteelde polisievuurwapen gebruik is in 'n beweerde poging tot moord by 'n tradisionele fees.


'n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die verdagte het blykbaar tydens die feesvieringe aggressief geraak. Toe hy na buite geneem is, het hy na bewering 'n skoot afgevuur, wat die man wat hom vergesel het in die regterbeen getref het.


Die man is vir behandeling na die hospitaal geneem en is later ontslaan.


Mophiring vertel aan Nova News die vuurwapen is in 2018 in Gauteng gesteel. Dit is vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit by enige ander misdade betrokke was.


Die verdagte sal binnekort in die Ficksburg-landdroshof verskyn.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page