‘n Verdagte word met renosterhorings betrap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 20
- 1 min read
‘n Verdagte is in die vroeë oggendure met horings wat vermoedelik die van renosters is, ongepoleerde diamante en ‘n soliede stuk goud betrap.
Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die Ficksburg Sigbare Polisiëringseenheid het tydens ‘n misdaadvoorkomings-operasie die verdagte se voertuig afgetrek.
‘n Pakkie wat met bruin kleefband toegedraai was, is tydens ‘n soektog in die kattebak gevind.
Volgens die bestuurder is hy versoek om die pakkie van Johannesburg na Maseru te vervoer.
Hy is onmiddellik in hegtenis geneem en ‘n saak is geopen.







Comments