‘n Verkragter daag nie op vir sy bedrogsaak nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 22
- 1 min read
'n Prokureur van Welkom wat drie lewenslange vonnisse uitdien vir seksuele oortredings teen minderjariges, het nie in die Welkom-landdroshof vir sy borgtogaansoek op bedrogklagte van R15 miljoen verskyn nie.
Vistanews berig Jan Maritz is nie van die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein na Welkom vervoer vir sy geskeduleerde borgtogverhoor nie.
Die aansoek is uitgestel tot volgende week.
Maritz is vroeêr die maand in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwassery en oortredings van die Wet op Regspraktyk ter waarde van ongeveer R15 miljoen.
Die aanklagte spruit uit 'n oorledene se boedel rakende 'n tender, ter waarde van miljoene rande, wat deur die Matjhabeng-munisipaliteit aan 'n sekuriteitsmaatskappy toegeken is.






Comments