top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Verkragter is sewe jaar ná die insident gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 27
  • 1 min read

Sewe jaar nadat sy verkrag is, is 'n vrou van Phuthaditjhaba in die Vrystaat se verkragter – haar broer – skuldig bevind.


Polisiewoordvoerder, adjudant-offissier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die vrou was in 2019 in haar bed toe haar ouer broer na haar kamer gegaan het en haar herhaaldelik verkrag het. Sy wou uit vrees nie skree nie, en hy het daarna van die toneel gevlug.


Die slagoffer het die insident dadelik by die polisie aangemeld, en die verdagte in hegtenis geneem.


Ná die uitgerekte hofsaak van sewe jaar is die man tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page