'n Verlamde Vrystater kry sy eerste rolstoel op 19
- Ilde Roos
- Oct 6
- 1 min read
'n Jong man wat van kleins af op sy knieë moes rondkruip, se lewe het onlangs vir die beter verander.
Netwerk24 berig weldoeners het 'n spesiale rolstoel aan die 19-jarige Seiso Ndengentamo van Hoopstad in die Vrystaat geskenk.
Seiso het reeds op negejarige ouderdom skool verlaat omdat vervoer moeilik geraak het en hy gespot is. Sy knieë is al hard en verdik omdat hy sy lewe lank daarop moes rondkruip.
'n Weldoener, Louise Verwey, sê sy het ongeveer drie weke gelede op Seiso afgekom . Sy het toe ’n fiets en ’n rolstoel gekoop sodat ’n spesiale rolstoel vir hom gebou kan word, wat uit ’n gewone rolstoel en ’n fiets bestaan.
’n Weldoener-boer in die omgewing het gehelp met die onkoste hiervan.
Seiso gebruik sy hande om die pedale te beweeg en die voorwiel te draai, en so beweeg die rolstoel vorentoe.
Verwey het ’n spesiale gemeenskapvergadering gereël om die rolstoel aan Seiso te oorhandig.

Comments