top of page

‘n Vermeende Bloemfonteinse dief word in die tronk opgespoor

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 15
  • 1 min read

’n 28-jarige man wat glo by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se kantore in Bloemfontein in gebreek het, is by ‘n tronk in Wepenaar opgespoor – waar hy reeds ‘n vonnis vir ‘n ander inbraak uitdien. Maroela Media berig volgens ‘n woordvoerder van die Valke het die inbraak by die NVG in Desember 2023 plaasgevind. Verskeie waardevolle items, insluitend skootrekenaars, is gesteel. Bloedspatsels en ander DNS-monsters is op die toneel versamel waarna forensiese resultate later die man met die inbraak verbind het. Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat hy ook met minstens ses ander inbrake verbind word, meestal in die Bloemfonteinse middestad.

 
 
 

Comments


bottom of page