top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vermeende Botshabelo-dieremishandelaar is agter tralies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 12, 2025
  • 1 min read

‘n Man in die Botshabelo-distrik, wat glo sy hond met warm water gebrand het, is deur die polisie inhegtenis geneem. Dit ná sy buurman, ‘n hartgebroke honde-eienaar, die Bloemfontein Dierebeskermsvereniging (DBV) gekontak het. Luidens ‘n plasing die Bloemfontein DBV se sosiale media-blad moes die span eers die vertroue van die verskrikte en erg beseerde hond wen, voordat hulle hom veilig kon verwyder en aan hom die nodige mediese sorg kon verskaf. Dieremishandeling is ‘n misdaad en die DBV doen ‘n beroep op die gemeenskap om enige gevalle van dieremishandeling onmiddellik aan te meld. Hulle voeg by geen dier verdien dit om te ly nie.

 
 
 

Comments


bottom of page