‘n Vermeende kabeldief skok dood
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 10
- 1 min read
Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, spreek diep kommer uit oor sterftes wat deur elektrisiteit veroorsaak word.
Dit na ‘n vermeende kabeldief in Fase 6 glo doodgeskok het.
Volgens ’n mediaverklaring het polisie en sekuriteitsdienste op die toneel gereageer waar twee verdagtes glo besig was om elektriese infrastruktuur te steel. Een van die mans is op die toneel dood, terwyl ’n tweede verdagte gevlug het en steeds gesoek word. Owerhede het toerusting wat moontlik in die misdaad gebruik is, op die toneel gevind.
Centlec waarsku dat kabeldiefstal nie net kragtoevoer ontwrig nie, maar ook lewensgevaarlik is en ernstige gevolge kan inhou.








Comments