top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Vermeende lisensiebedrog-meesterbrein is vas in Parys

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29
1 min read

'n Vermeende leier van 'n multimiljoenrand-voertuiglisensiebedrogsindikaat is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem. Owerhede glo die man het gesteelde toegangsbewyse vir die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaTIS) gebruik om voertuiglisensies onwettig te hernu.


EWN berig die inhegtenisneming volg op 'n drie jaar lange ondersoek deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), die Valke en die SAPD se Misdaadintelligensie.


Die polisie het na bewering 'n rekenaar wat by die NaTIS-stelsel aangemeld was, by die verdagte se woning gevind. Ondersoekers het ook op NaTIS-dokumente, aanmeldbesonderhede, nommerplaatrekords, skootrekenaars en tafelrekenaars beslag gelê.


Die RTMC sê die verdagte, wat na bewering 'n IT-spesialis is, het glo huidige en voormalige vervoerbeamptes uit verskeie provinsies by die bedrog betrek.


Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Parys verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

 
 
 

Comments


bottom of page