‘n Vermeende renosterstroper is doodgeskiet
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 22
- 1 min read
'n Vermeende renosterstroper is tydens 'n teenstropingsoperasie deur polisiebeamptes doodgeskiet.
Volgens Nuusflits het die voorval op 'n plaas in die Pienaarsrivier-gebied in Limpopo plaasgevind nadat lede van 'n teenstropery-eenheid skote gehoor en ondersoek ingestel het.
Polisiewoordvoerder Hlulani Mashaba sê hommeltuie is gebruik om die gebied te monitor en verdagtes op te spoor nadat drie witrenosterkarkasse ontdek is.
Die polisie beweer een van die verdagtes het op beamptes geskiet, waarna hulle teruggeskiet het.
'n Vuurwapen is langs die man se liggaam gevind.
Sake van renosterstropery, poging tot moord en moord word ondersoek.








Comments