'n Vermeende skaapdief is in die VS vasgetrek
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 29
- 1 min read
'n Man is in QwaQwa in besit van 15 skape ter waarde van ongeveer R22 000 aangetref nadat polisie gereageer het op inligting oor 'n verdagte voertuig wat na bewering vee vervoer het.
Volgens polisiewoordvoerder adjudant-offissier Mmako Mophiring het die Bethlehem Misdaadintelligensie-eenheid en die Fouriesburg Veediefstaleenheid die voertuig by 'n woonadres in Bohlokong opgespoor.
Tydens die deursoeking het die polisie die skape gevind. Daar is glo met die skape se identifikasie-tatoeëermerke gepeuter. Die verdagte kon nie die vereiste bewys van eienaarskap vir die vee lewer nie en is onmiddellik in hegtenis geneem.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Bethlehem-landdroshof verskyn op 'n aanklag van besit van vermoedelik gesteelde eiendom.








Comments