top of page

'n Vermeende skieter van Heidedal is vas

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 26, 2025
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het 'n suksesvolle opsporingsoperasie uitgevoer en 'n verdagte in hegtenis geneem wat moontlik met twee afsonderlike noodlottige skietvoorvalle in Heidedal in Bloemfontein verbind word.

Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê die eerste moorde het in Junie plaasgevind toe aanvallers ’n bekende dwelmhuis in Heidedal aangeval het, met drie wat dood is.

'n Maand later is die eienaar van die dwelmhuis ook doodgeskiet.

Netwerk24 berig Earle sê ná die verdagte se inhegtenisneming is ’n uitkenningsparade gehou, waartydens die man uitgewys is as die persoon wat na bewering vir die Julie-moorde verantwoordelik was. Hy sal binnekort in die landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page