top of page

’n Vermeende transito-rower van Bfn is aangekeer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

’n Man wat met ’n transito-roof op die pad tussen Thaba 'Nchu en Bloemfontein verbind word, is aangekeer.


Die voorval het in Augustus 2024 plaasgevind.


Parys Gazette berig G4S-sekuriteitswagte het op die dag van die voorval in ’n gepantserde voertuig gereis toe hulle glo deur ’n groep gewapende verdagtes gekonfronteer is.


Die rowers het in drie voertuie gereis en het glo skote in die rigting van die voertuig afgevuur.


Geen geld is gesteel nie, en die verdagtes moes met leë hande van die toneel vlug.


Volgens ’n woordvoerder van die Valke sal die verdagte binnekort in die Botshabelo-landdroshof verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: The Cable
Ter illustrasie. FOTO: The Cable

Comments


bottom of page