‘n Vermiste Bloemfonteinertjie se liggaam is in bosse gevind
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 25
- 1 min read
Die vermiste Bloemfonteinertjie, driejarige Katleho Leew, se liggaam is gevind.
Volgens polisiewoordvoerder, Lt Col Thabo Covane, het ‘n soektog gelei deur Kaptein Jerry Motaung van die Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings, hulle vroeg Saterdagoggend na digte bosse ‘n entjie van die Glen-lokasie geneem.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat Katleho seksueel aangerand en vermoor is. Misdaadtoneelkundiges is tans opsoek na leidrade wat die ondersoek verder sal help.
Kathleho se ma het haar as vermis aangemeld, na sy laaste Donderdag gesien was waar sy saam met ander kinders in hul agterplaas gespeel het.
'n Saak van moord is by die Glen-polisiestasie geopen.






Comments