top of page

‘n Vermiste Bloemfonteinse polisiesersant is veilig tuis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 11
  • 1 min read

Die vermiste 47-jarige polisiesersant, Vuyiswa Martha Nduna van die Bainsvlei-polisiestasie, is veilig en ongedeerd terug by die huis. In ‘n mediaverklaring sê luitenant-kolonel Thabo Covane, Vuyiswa het gisteroggend na haar woonplek in Abrahamskraal teruggekeer. Covane voeg by sy ontvang tans die nodige ingryping van die personeel vir werknemersgesondheid- en welstand. Rosestad-nuus het vroeër berig Nduna is deur haar seun as vermis aangemeld na sy voorverlede Vrydag beplan het na haar familiehuis in Mthatha te reis. Sy het selfs ‘n buskaartjie by ‘n kompleks in Langenhovenpark gekoop. Daar was egter geen bewys dat ooit op die bus geklim het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page