top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Vermiste luiperdwyfie is dood gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 2
  • 1 min read

Die luiperd wat vir byna twee weke in die Vrystaat op vrye voet was, is dood gekry.


Die Vrystaatse Departement vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme sê op sy Facebook-blad die eenjarige luiperdwyfie, wat sedert 16 Februarie uit haar kamp vermis word, is deur middel van hommeltuie en termiese beeldkameras in die bergagtige area van die Mooifontein-plaas naby Reddersburg gevind.


Verdere ondersoeke na die oorsaak van dood sal gedoen word.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page