‘n Vermiste sebra is vermoedelik deur mense gevang en geëet

’n Sebra wat uit die Golden Gate-Hoogland Nasionale Park vermis geraak het, is glo deur gemeenskapslede naby Mabolela in Qwaqwa doodgemaak en geëet.
Netwerk24 berig volgens ooggetuies is die sebra aanvanklik naby die dorp opgemerk voordat inwoners die dier langs die Laerskool Mabolela agternagesit het. Die sebra het daarna in die nabygeleë bosse verdwyn.
Inwoners sê die sebra is nie weer gesien nie, maar sowat drie uur later het mense glo uit die bosse gekom met vleis wat vermoedelik van die dier afkomstig was.
Die park se wildbewaarders is in kennis gestel, maar met hul aankoms kon die sebra nie gevind word nie. Sanparke-amptenare het nog nie bevestig of die vleis wat gevind is, wel van die vermiste sebra afkomstig is nie.
Die voorval word steeds ondersoek.









Comments