top of page

‘n Vermiste tiener se liggaam is in ‘n puttoilet gevind

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 21, 2025
  • 1 min read

Die liggaam van ‘n vermiste tiener is ‘n in puttoilet by Sone 5 in Selosesha, Thaba Nchu, gevind. Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie is die toe 19-jarige Puleng Motlodi, in Oktober 2023 as vermis aangemeld. ‘n Verdagte in die saak is opgespoor en ondervra. Motlodi het glo dié verdagte en 3 ander in Sone 3 ontmoet waar sy ontvoer is, sy glo later in Sone 5 vermoor. Die verdagte het die polisie na ‘n huis geneem waar klere, asook dele van die liggaam gevind is. Hy saam met ‘n 40-jarige man wat reeds agter tralies is, sal aangekla word, en volgens Luitenant-kolonel Thabo Covane sal twee ander ook binnekort in hegtenis geneem word.

 
 
 

Comments


bottom of page