top of page

‘n Vermiste vlieënier se liggaam spoel op Durban-strand uit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 13
  • 1 min read

Die liggaam van die vermiste 61-jarige vlieënier Andrew Blackwood-Murray, het Saterdagoggend op Durban-strand uitgespoel. Maroela Media het vroeër berig Blackwood-Murray het op 14 Augustus in die see vermis geraak het toe sy ligte vliegtuig tydens sy laaste lugskoutoertjie in Durban in die water geval het. Verskeie owerhede, onder meer die Nasionale Seereddingsinstituut, die polisie se soek- en reddingsdienste en owerhede van die Durbanse munisipaliteit het weke lank na hom gesoek. Blackwoord-Murray was ʼn kommersiële vlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Hy was besig om toertjies as deel van ʼn lugskou tydens die 2025-Wêreldberaad van die Volgende Generasie van Lugvaartberoepslui te doen toe sy vliegtuig neergestort het.

 
 
 

Comments


bottom of page