‘n Vermiste vrou se liggaam is in ‘n vrieskas gevind
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Polisie ondersoek die dood van ’n 46-jarige vrou wie se liggaam in ’n vrieskas by haar woning in ‘n stoorkamer gevind is.
Volgens ’n mediaverklaring van die polisie in Upington is ’n geregtelike doodsondersoek geopen ná die ontdekking van die liggaam gistermiddag.
Voorlopige inligting dui daarop dat die vrou vroeër die oggend deur haar man as vermis aangemeld is, waarna ’n soektog van stapel gestuur is.
Volgens die verklaring sal 'n lykskouing gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal, en alle inligting en verslae sal deel vorm van die voortgesette ondersoek.








Comments