'n Vermoorde oud-parabat is roerend op 'n militêre roudiens gegroet
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 25
- 1 min read
Die eertydse regimentele sammajoor (RSM) van 3 Valskermbataljon in Tempe, wat in sy huis in Pellissier, Bloemfontein, vermoor is, is op Erfenisdag met ’n militêre roudiens gegroet.
Volksblad berig The Champ, soos sers.maj. Albertus Opperman genoem is, is Woensdag as een van die heel beste oudsoldate en ’n Suid-Afrikaanse held gehuldig.
'n Bestuurslid van die Militêre-veterane-organisasie (MVO) in Bloemfontein en Opperman se vriend, Butch Williamson, was die oggend van 12 September eerste op die toneel, en hy sê alle tekens was daar dat die oud-Springbok-bokser verwoed teen sy aanvallers teruggeveg het.
Opperman het altyd met die as van ontslape valskermsoldate gespring om dit in die lug te strooi. Die woorde waarmee hy gestorwe soldate gegroet het, is gebruik om aan hom vaarwel te sê: “Saluut. Dankie, makker.”





Comments