'n Vermoorde polisieman se meisie verskyn weer in die hof
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
Die moordsaak teen die oorlede polisiebeampte, Tseliso Mofutsana, se meisie is weer op die Kroonstad-streekshof se rol geplaas nadat forensiese DNA-resultate beskikbaar geword het.
Die provinsiale woordvoerder vir die Valke, adjudant-offissier Fikiswa Matoti, sê die vrou moet Donderdag op 'n aanklag van moord in die hof verskyn nadat sy na bewering die slagoffer met 'n mes doodgesteek het.
Nova News berig die saak sou in Mei verlede jaar voorgekom het, maar was tydelik teruggetrek weens die gebrek aan forensiese bewyse.








Comments