AfriForum bied hulp aan by die Kruger Nasionale Wildtuin
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 51 minutes ago
- 1 min read
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die gebruik van sy hommeltuie en gemeenskapsveiligheidstrukture aan owerhede aangebied ná die dood van twee toeriste in die noordelike deel van die Krugerwildtuin.
Die organisasie sê die tragedie het ernstige vrae laat ontstaan oor besoekersveiligheid, monitering en noodreaksie by een van Suid-Afrika se belangrikste toerismebestemmings.
AfriForum se bestuurder vir omgewingsake, Lambert de Klerk, sê hulle doen ook ’n beroep op die regering, SANParke en wetstoepassingsowerhede om ’n duidelike veiligheidsverbeteringsplan by die park in werking te stel.
LUISTER HIER:
Rosestad-nuus het vroeër berig van die egpaar, Ernst en Dina Marais, wat in die Kruger-wildtuin vermoor is.








Comments