‘n Veroordeelde moordenaar wil sy saak in Bloemfontein bepleit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 19
- 1 min read
Die veroordeelde moordenaar Rameez Patel wil hom nou tot die appèlhof in Bloemfontein wend in ’n poging om sy lewenslange tronkstraf ter syde te stel.
Volgens Netwerk24 het Patel se regspan reeds ’n aansoek om verlof tot appèl by die appèlhof ingedien.
Patel is verlede jaar tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy eerste vrou, Fatima, in 2015.
’n Hooggeregshof in Polokwane het vroeër sy aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.
Die regter het destyds gesê hy glo nie ’n ander hof sal tot ’n ander beslissing kom nie.
Dit is nog nie bekend wanneer die appèlaansoek aangehoor sal word nie.








Comments