‘n Video wat eis dat die regering bedank word ondersoek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 4, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het ’n ondersoek geloods na ’n video waarin ’n man in kamoefleerdrag Suid-Afrikaners oproep om na die Uniegeboue op te ruk en te eis dat die regering bedank. Die weermag sê in ʼn verklaring die man is nie ’n senior bevelvoerder nie en dat die video ’n doelbewuste poging is om die publiek te mislei. In die video vra die man dat politici verwyder moet word, en dat ’n nuwe regering deur revolusionêre magte bestuur moet word. Die weermag het homself van die video en boodskap gedistansieer.






Comments