'n Viool is teruggevind, te danke aan Facebook
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
'n Gesteelde viool is 12 jaar nadat dit gesteel is, terug by sy eienaar – en dit te danke aan 'n Facebook-plasing.
Filmmaker en musikant Diana Neille het haar 135-jaar-oue Franse viool, genaamd Viv, tydens 'n inbraak in 2013 verloor.
'n Versamelaar het haar gekontak nadat hy die plasing gesien het toe hy besig was om sy versameling deur te gaan. Die viool is van 'n Johannesburgse pandjieswinkel gekoop.
Neille sê die instrument is aan haar as 'n tiener gegee, en sy is dankbaar om Viv terug te hê.







Comments