top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Voorlopige verslag oor die Wonderboom-vliegongeluk word binne 30 dae verwag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 26, 2024
1 min read

Die vlieënier en twee passasiers het geringe beserings opgedoen toe 'n ligte vliegtuig naby die Wonderboom-lughawe in die noorde van Pretoria neergestort het. Nuusflits berig die woordvoerder van die  Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA), Sisa Majola, verduidelik die vliegtuig is beskadig en al drie insittendes na 'n hospitaal vir behandeling geneem is. Majola het verder bevestig inligting vir 'n voorlopige verslag oor die ongeluk sal binne 30 dae bekend gemaak word. Die nooddiens het gevorderde lewensondersteunings- en hartreaksie-eenhede gebruik om die beseerdes op die toneel te stabiliseer voordat hulle vir verdere sorg na 'n hospitaal vervoer is

 
 
 

Comments


bottom of page