top of page

’n Voormalige Bloemfonteinse vee-agent kry 15 jaar vir bedrog

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 7
  • 1 min read

’n Voormalige vee-agent van Bloemfontein, Scott Brown, moet 15 jaar effektiewe tronkstraf uitdien nadat hy boere met veetransaksies uit R8,6 miljoen bedrieg het.


Dit kom nadat sy appèlaansoek teen sy skuldigbevinding deur ’n volbank regters van die hand gewys is.


Netwerk24 berig Brown is in Junie 2020 in die hooggeregshof in Bloemfontein op 48 aanklagte van bedrog en geldwassery skuldig bevind.


Brown se appèlaansoek het daarop berus dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat hy met die bedoeling gehandel het om die klaers te bedrieg, en dus gefouteer het deur hom aan bedrog skuldig te bevind.


Die regter sê dit sy mening dat die verhoorhof korrek is in sy gevolgtrekking dat die staat bo redelike twyfel bewys het dat Brown, toe die voorstellings aan die klaers gemaak is, bedoel het om hulle te mislei.


FOTO: X
FOTO: X


Comments


bottom of page