‘n Voormalige FNB-werknemer steel geld by ‘n bejaarde boer
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 12, 2024
- 1 min read
’n Voormalige werknemer van FNB is ná ʼn saak wat jare lank gesloer het, daaraan skuldig bevind dat sy meer as R800 000 van ʼn bejaarde boer gesteel het. Maroela Media berig die 53-jarige Leonie Stiemieis, ʼn voormalige takadministrateur by FNB Kirkwood, het R400 000 uit die kliënt se aktetrommel by die bank en toe R420 000 uit sy bankrekening gesteel. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, het Stiemie, wyle Andries David Renken ʼn 87-jarige boer van Kirkwood, oortuig om R400 000 in ʼn aktetrommel by FNB te stoor. Renken het in Augustus 2014 navraag gedoen oor die geld, en Stiemie het beweer sy het die helfte daarvan namens hom belê. Sy het ook beweer die geld is tydens ‘n rooftog by die tak gesteel is. Renken is oorlede voordat die saak afgehandel kon word.







Comments