top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Voormalige Nsfas-raadslid is in warm water oor skootrekenaars

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Aug 6
  • 1 min read

'n Saak van diefstal is teen 'n voormalige raadslid van die Nasionale Studentefinansiële Hulpskema, of NSFAS, geopen.


Dit nadat tien skootrekenaars wat vir skole in die Oos-Kaap bestem was, glo nie afgelewer is nie.


Volgens 'n mediaverklaring was 30 skootrekenaars vir ses hoërskole bestem, maar die voormalige raadslid het glo tien daarvan gehou.


Die skootrekenaars was bedoel vir skole met beperkte hulpbronne.


Die instelling beskryf die voorval as skokkend en sê kinders uit arm gemeenskappe is só van broodnodige hulp ontneem.


Vertroue is uitgespreek dat die polisie die saak deeglik sal ondersoek.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page