‘n Voormalige onderwyseres is skuldig bevind aan moord en verkragting
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 28, 2025
- 1 min read
Amber Lee Hughes wat erken het dat sy haar voormalige lewensmaat se dogtertjie vermoor het, is skuldig bevind aan voorbedagte moord en verkragting. Eyewitness News berig Hughes is in hegtenis geneem nadat die vierjarige, Nada-Jane Challita, in 2023 in 'n bad vol water ontdek is. Na vele vertragings is uitspraak in die verhoor van die voormalige voorskoolse onderwyseres vroeër vandag in die Johannesburgse Hooggeregshof gelewer. Die saak is tot Oktober vir vonnisoplegging uitgestel.






Comments