‘n Voormalige Unisa-registrateur versuim om in die hof te verskyn
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Updated: 3 days ago
Al het die voormalige registrateur van die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa), Steward Mothata, versuim om in die hof te verskyn is ’n interdik teen hom toegestaan.
Die saak is in sy afwesigheid in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor nadat hy glo, ondanks kennisgewing, nie opgedaag het nie.
Die hofbevel verhoed hom om verdere verklarings te maak of stappe te doen wat die universiteit en sy leierskap kan benadeel.
Volgens die universiteit het Mothata herhaaldelik aanvalle op die instelling en sy bestuursstrukture geloods.
Unisa sê die uitspraak beskerm sy reputasie en bevestig dat daar teen sulke optrede opgetree sal word.








Comments