top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Voormalige veldwagter en ’n veearts is agter tralies vir renosterstropery

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 18
1 min read

'n Voormalige veldwagter en ’n veearts is elk tot ’n effektiewe tien jaar gevangenisstraf gevonnis vir renosterstropery in die Kruger-wildtuin.


Rodney Landela en Kenneth Mochocho het in die Skukuza-streekhof in Mpumalanga verskyn op aanklagte van die onwettige doodmaak van ’n renoster en die besit van ’n vuurwapen met die doel om ’n misdryf te pleeg.


Die saak dateer uit 2016, toe veldwagters ’n pas doodgemaakte renoster ontdek het waarvan die horing verwyder is. DNS-, ballistiese en opsporingsgetuienis het die twee mans met die misdaad verbind.


Die Nasionale Vervolgingsgesag sê albei mans is ook onbevoeg verklaar om vuurwapens te besit.


Ter illustrasie. FOTO: Save the Rhino
Ter illustrasie. FOTO: Save the Rhino

 
 
 

Comments


bottom of page