‘n Voormalige Vrystaatse hofklerk gaan tronk toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 2
- 1 min read
'n Voormalige klerk van die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling is tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat sy nie aan die voorwaardes van haar opgeskorte vonnis voldoen het nie.
Volgens die Valke is Nthabiseng Adeline Motaung skuldig bevind aan bedrog en geldwassery nadat sy tussen 2018 en 2019 sowat R135 000 van die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat gesteel het.
Die hof het haar opgeskorte vonnis afgedwing nadat sy versuim het om die gesteelde geld terug te betaal soos beveel.
Die Valke sê die uitspraak stuur 'n duidelike boodskap dat opgeskorte vonnisse ernstig opgeneem moet word en dat oortreders aanspreeklik gehou sal word.








Comments