‘n Voormalige Vrystaatse Vroueboer van die Jaar se aanvaller word gevonnis
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 27
- 1 min read
Vyf jaar nadat ‘n voormalige Vrystaatse Vroueboer van die Jaar, Mimie Jacobs, op haar plaas aangeval is, is een van haar aanvallers uiteindelik gevonnis. Maroela Media berig die 35-jarige Moeketsi Mphatlatsa is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy vroeër skuldig bevind is op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Jacobs is in Februarie 2020 deur Mphatlatsa en twee makkers aangeval. Die twee ander mans is vroeër vandeesmaand weens ’n gebrek aan bewyse vrygespreek. Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom en gesê dat geregtigheid nie net vir die slagoffer geskied het nie, maar ook vir die breër landelike gemeenskap.





Comments