‘n Vragmotor-ongeluk eis een in die VS

Sep 30
1 min read
Een persoon is dood en nog een persoon het ligte beserings opgedoen nadat twee vragmotors Dinsdagoggend vroeg op die N1 tussen Winburg en Ventersburg in die Vrystaat gebots het.
Nova News berig chemikalieë het tydens die ongeluk op die pad gestort, waarna owerhede die snelweg gesluit en verkeer herlei het.
Die chemiese storting het sowat 50 m in alle rigtings vanaf die ongelukstoneel versprei, en die publiek word versoek om te alle tye minstens 300 m van die gebied af weg te bly.









Comments