top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

n Vragskip wat deur die Straat van Hormuz beweeg het, is aangeval

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

'n Vragskip wat deur die Straat van Hormuz beweeg het, is aangeval. Die BBC berig die Singapoer-geregistreerde skip het ondanks die aanval sy reis voortgesit. Geen beserings is aangemeld nie.


Volgens Amerikaanse mediaberigte het Amerikaanse amptenare gesê Iran was verantwoordelik vir die aanval op die skip. Die Iraanse liggaam wat verantwoordelik is vir die bestuur van die seestraat het intussen gesê skepe wat buite die aangewese vaarroetes beweeg, sal nie veilige deurgang gewaarborg word nie.


Die aanval kom te midde van die Verenigde Nasies se Internasionale Maritieme Organisasie se beplande ontruiming van meer as 11 000 seevaarders wat in die Straat van Hormuz vasgekeer is. Dié operasie is nou tydelik opgeskort.


Ter illustrasie. FOTO: CNBS
Ter illustrasie. FOTO: CNBS

 
 
 

Comments


bottom of page