’n Vrou is in Oranjesig met koperkabels en ammunisie betrap

Nov 16
1 min read
’n Vrou is in Oranjesig in besit van 131kg koperkabel en lewendige ammunisie gevind.
Volgens die Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, het lede van die polisie se eenheid vir vuurwapens, drank en tweedehandse goedere die vrou in Watkeystraat aangetref.
Die koperkabel het ’n beraamde waarde van R20 000. Die vrou kom van Wesselslaan in Bainsvlei.
Die polisie het sake van die besit van koperkabel, diefstal en die besit van lewendige ammunisie by die Parkweg-polisiestasie geopen.










Comments