top of page

'n Vrou is steeds onder verdowing nadat sy met 'n hamer oor die kop geslaan is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 29
  • 1 min read

In ‘n noodoperasie van ongeveer ses uur is ‘n deel van ‘n vrou van Bothaville in die Vrystaat se skedel verwyder om bloeding op die brein te verlig.

Dit kom nadat sy helder oordag in haar huis met ‘n hamer oor die kop geslaan is. Sy is ook verkrag.

Vista berig die 60-jarige vrou se man sê haar skedel is nog nie toegemaak nie en sy bly onder verdowing. Daar is kommer dat sy aan die een kant van haar liggaam verlam gaan wees. Dit is nog nie duidelik of sy breinskade het nie.

Ten tyde van die voorval het ‘n man die slagoffer in haar huis oorrompel. Hy is met haar selfoon weg sodat sy niemand kon bel nie.

Haar man sê sy kon na sy werk toe ry, waar sy inmekaar gesak het.

 
 
 

Comments


bottom of page