top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrou is vas nadat sy glo haar eie beweerde ontvoering beplan het

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 21
1 min read

Die polisie in Gauteng het ’n vrou en haar medepligtige in hegtenis geneem omdat hulle glo haar beweerde ontvoering in Ekurhuleni beplan het.


Volgens die polisie is die vrou vroeër vandeesmaand as ontvoer aangemeld nadat haar familie ’n lospryseis van R40 000 gevra is.


Die ondersoek het aan die lig gebring dat die vrou na bewering met haar medepligtige saamgesweer het om voor te gee dat sy ontvoer is.


’n Polisiewoordvoerder, kolonel Dimakatso Nevhuhulwi, sê hulle het dit glo gedoen om geld by ’n familielid af te pers.


Sy sê die twee sal na verwagting teregstaan op aanklagte van afpersing, regsverydeling en die namaak van ’n misdaadtoneel.


LUISTER HIER:


Kolonel Dimakatso Nevhuhulwi

Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page