top of page

'n Vrou is vas nadat sy glo 'n Bloemfonteinse studentehuis afbrand

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 4
  • 1 min read

’n Vrou is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat sy na bewering ’n studentehuis aan die brand gesteek het ná ’n rusie met haar man.


Netwerk24 berig lede van die Parkweg-polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat ’n studenteverblyfplek in Brandwag afgebrand het.


Die brandweer het gespook om die vlamme onder beheer te kry en die brand te blus.


Die vrou is kort hierna in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page