‘n Vrou kraam binne minute in ‘n bewegende kar

'n Jong vrou het in 'n bewegende motor binne minute langs die hoofweg aan 'n seuntjie geboorte geskenk.
Maroela Media berig die vrou sê sy het maagpyn gehad, en aangesien dit al voorheen gebeur het, was sy en haar man nie onmiddellik bekommerd nie.
Haar huisdokter het gesê hy dink sy het blaasinfeksie, maar dat sy nie naby aan kraam is nie. Hy het egter aanbeveel dat sy hospitaal toe gaan om dit te bevestig. Daar het die verpleegster beaam sy is nie in aktiewe kraam nie.
Later op pad Kaap toe van Vredendal af het haar maagpyn vererger, en haar water het gebreek. Die seuntjie is 'n paar kilometer buite Malmesbury gebore.
Haar man het eers daarna van die pad afgetrek.
Ma en baba het by ʼn hospitaal in Malmesbury onmiddellik sorg ontvang.
Die vrou sê hulle beskou hierdie gebeurtenis as die gesin se grootste getuienis.








Comments