top of page

‘n Vrou krul van pyn maar Pelonomi stuur haar glo weg

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 9
  • 1 min read

‘n Bloemfonteiner is geskok na sy vrou, wat krul van pyn, glo by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein weggestuur is sonder pynmedikasie. Netwerk24 berig volgens die man het hy sy vrou na die hospitaal geneem waar mediese personeel hom meegedeel het dat daar nie genoeg medikasie beskikbaar is nie. Woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, ontken gerugte dat daar ‘n tekort aan pyn-, maagseer- en insulienmedikasie by die hospitaal is. Hy voeg by dat die hospitaal nie pasiente in lewensgevaar sonder behandeling sal ontslaan nie. ‘n Interne ondersoek na die voorval is tans onderweg.

 
 
 

Comments


bottom of page