'n Vrou oorleef ure in 'n oorstroomde Vrystaatse rivier
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 25
- 1 min read
'n Vrystaatse vrou het vir meer as 12 uur in 'n oorstroomde rivier oorleef deur aan 'n boomtak vas te hou.
Die Phuthaditjhaba-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot verkragting, sowel as poging tot moord en roof nadat die vrou na bewering deur ‘n taxibestuurder in ‘n oorstroomde rivier gestoot is. Sy is Maandagoggend deur die polisie en munisipale duikers gered.
Die vrou het Sondag ‘n taxi van Mabolela Village na Phuthaditjhaba geneem. Die bestuurder het egter na bewering na Mphatlalatsane Village omgedraai.
‘n Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, sê toe hulle ‘n brug nader, het die verdagte die klaer na bewering meegedeel dat hy seks met haar wou hê, wat sy geweier het.
LUISTER:
Adjudant-Offissier Mmako Mophiring






Comments