top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Vrou se liggaam is by ’n rioolaanleg in Bfn gevind

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Die Sonskyn-polisie doen ’n beroep om te help om ’n vrou te identifiseer wie se liggaam naby ’n rioolaanleg in Sterkwater, Bloemfontein, gevind is.


Die polisie het die vrou, wat vermoedelik in haar vroeë twintigs is, Maandagmiddag naak naby die rioolaanleg gevind.


Sy het geen sigbare beserings nie, maar die polisie het ’n merk gevind wat daarop dui dat haar liggaam na die toneel gesleep is.


Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.


Ter illustrsie. FOTO: Pexels
Ter illustrsie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page