'n Vrou verskyn in die hof vir die verkragting van 'n seun
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 26, 2025
- 1 min read
'n Vrou het in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklagte van die verkragting van 'n 13-jarige seun.
Polisiewoordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba, sê die vrou het na bewering die seun nader geroep toe hy verby 'n plaaslike kerkskuiling gestap het.
Hy het haar naak op die grond aangetref. Sy het hom daarna glo begin betas en toe verkrag.
IOL berig die voorval is glo deur 'n inwonder van die skuiling gesien. Die opsigter is toe in kennis gestel en die verdagte in hegtenis geneem.
Die ondersoek duur voort.






Comments